Exodus 23:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar sal niks hulle kleintjies of onvrugbaar wees in jou land uitgooi nie; die getal van jou dae sal Ek vervul.
Afrikaans (NLV) 2011 In julle land sal kinders nie met geboorte sterf nie. Julle mense sal nie onvrugbaar wees nie. Ek sal julle lank en gelukkig laat lewe.
Afrikaans 1933/1953 Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die getal van jou dae vol maak.
Afrikaans 1983 Daar sal geen miskraam en onvrugbaarheid in jou land wees nie. Ek sal jou met 'n lang lewe seën.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Geen vrou sal in jou land 'n miskraam hê of onvrugbaar wees nie. Ek sal jou 'n lang lewe gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nie een vrou in julle land sal haar kind verloor terwyl sy swanger is nie, en almal sal kan kinders kry. Julle sal baie oud word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal nie in jou land mense wees wat nie kinders kan kry nie. Dit sal ook nie gebeur dat jou kinders doodgebore word nie. Ek sal jou lank en gelukkig laat lewe.