Exodus 23:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet die HERE julle God dien, en Hy sal jou brood en jou water seën; en Ek sal siekte uit jou midde wegneem.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle mag niemand anders as die Here julle God aanbid nie. Ek sal julle met kos en water en gesondheid seën.
Afrikaans 1933/1953 En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
Afrikaans 1983 Jy moet die Here jou God dien. Dan sal Hy jou met kos en water seën en siekte van jou af weghou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet die Here julle God dien. Hy sal jou voedsel en water seën. Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is julle God die Here, en as julle My dien, dan sal Ek julle seën sodat julle baie water en kos sal hê. Julle sal ook nie siek word nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet net tot die Here jou God bid en tot geen ander god nie. Die Here sal dit dan goed met jou laat gaan. Hy sal vir jou kos en drinkgoed en gesondheid gee.