Exodus 23:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as jy wel na sy stem luister en alles doen wat Ek spreek; dan sal ek 'n vyand wees van U vyande en 'n teëstander van U teëstanders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As julle mooi na hom luister en presies doen wat Ek vir julle sê, sal Ek self julle vyande se teenstander wees. Ek sal My stel teenoor hulle wat teen julle is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees. |
| Afrikaans 1983 | As jy goed ag gee op hom en alles doen wat Ek sê, sal Ek die vyand van jou vyande wees en die teëstander van jou teëstanders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as jy aandagtig luister na sy stem en alles doen wat Ek sê, sal Ek vyandig optree teenoor jou vyande en jou aanvallers aanval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle goed luister na hom en alles doen wat Ek sê, dan sal Ek teen julle vyande veg. Ek sal teen almal wees wat teen julle is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy mooi na hom luister en presies doen wat Ek van jou vra, sal Ek ook jou vyande se vyand wees en sal Ek hulle aanval wat jou wil aanval. |