Exodus 23:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pas op vir hom en luister na sy stem, moenie hom terg nie; want Hy sal julle oortredinge nie vergewe nie, want my Naam is in hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee aandag aan hom en luister na wat hy sê. Moenie julle teen hom verset nie. Hy sal dit nie verdra as julle teen hom in opstand kom nie. Hy verteenwoordig My.
Afrikaans 1933/1953 Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom.
Afrikaans 1983 Gee ag op die engel en luister na hom; moet jou nie teen hom verset nie. Hy sal jou nie vergewe as jy teen hom in opstand kom nie, want Ek het aan hom my volmag gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees versigtig, omdat hy teenwoordig is, en luister na sy stem. Moenie teen hom opstandig wees nie, want hy sal julle oortreding nie vergewe nie; hy tree immers in my Naam op.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet goed luister na wat die engel sê. Julle moenie opstandig wees nie, want hy sal julle nie vergewe as julle verkeerd doen nie. Die engel kom om te doen wat Ek wil doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet hom vertrou dat hy jou sal beskerm. Jy moet luister wat hy vir jou sê. Jy moenie teen hom draai nie. Hy sal dit nie verdra as jy verkeerd met hom maak nie. Hy verteenwoordig My by jou en tree in my plek op.