Exodus 23:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek stuur 'n engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en jou te bring na die plek wat Ek berei het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek stuur ’n engel saam met julle om julle langs die pad te beskerm. Hy sal vir julle die pad wys na die plek wat Ek vir julle uithou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek stuur 'n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het. |
| Afrikaans 1983 | “Ek, die Here, stuur 'n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Kyk, Ek gaan 'n •engel voor jou uit stuur om jou op die pad te beskerm en jou te bring na die plek wat Ek gereedgemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek stuur 'n engel voor julle om julle op te pas op die pad en om julle te bring na die plek wat Ek vir julle gereedgemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Let daarop: Ek laat die man wat Ek uit die hemel na jou stuur, saam met jou gaan om jou langs die pad te beskerm. Hy sal saam met jou gaan tot by die land wat Ek vir jou eenkant hou. |