Exodus 23:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag 'n menigte nie volg om kwaad te doen nie; en jy mag nie spreek om te verwerp na baie om die oordeel te vernietig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie agter die meerderheid aangaan en ook verkeerd doen nie. Wanneer jy in ’n hofsaak moet getuig, moet jy nie agter die meerderheid aanhardloop en die waarheid verdraai nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy mag nie agter die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie. Wat jy in 'n hofsaak getuig, mag jy nie verdraai nie, al doen die meerderheid dit ook. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag nie die meerderheid volg in verkeerde dade nie. Jy mag nie in 'n saak getuig en die reg verdraai deur jou by die meerderheid te skaar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet altyd die waarheid in die hof vertel. As jy moet vertel wat gebeur het, en baie ander mense vertel leuens, dan mag jy nie saam met hulle leuens vertel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moenie iets doen omdat almal dit doen nie. Jy moenie saam met almal iets doen as jy weet dit is verkeerd nie. Jy moet ook nie met almal saampraat wanneer hulle die waarheid verdraai net omdat jy wil hê hulle moet van jou hou nie. |