Exodus 23:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die eerstelinge van die eerstelinge van jou land moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag nie 'n bokkie in sy moeder se melk sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle moet die beste deel van die graan wat julle op die eerste dag oes, na die Here julle God se tempel toe bring. “Julle mag nie ’n bokkie in sy ma se melk kook nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie. |
| Afrikaans 1983 | “Die beste uit die eerste opbrengs van jou lande moet jy bring na die huis van die Here jou God toe. “Jy mag nie 'n boklam in sy ma se melk kook nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die keur van die eerste vrugte van jou grond moet jy na die huis van die Here jou God bring. Jy mag nie 'n boklam in sy ma se melk kook nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle begin om koring af te sny en vrugte te pluk, dan moet julle die beste koring en vrugte bring na die tempel van julle God die Here. Julle mag nie 'n bok-lam in sy ma se melk kook nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet die beste gedeelte van die eerste oes wat jy insamel, vir die Here na sy blyplek toe bring. Jy mag nie ’n boklam offer wat so pas gespeen is nie.” |