Exodus 23:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag die bloed van my slagoffer nie saam met gesuurde brood bring nie; en die vet van my offer sal tot die môre toe nie oorbly nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle mag nooit vir My bloed offer saam met brood waarin daar suurdeeg is nie. Die vet van die dier wat julle offer mag ook nie oorstaan tot die volgende oggend nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet van my feesoffer nie tot die môre toe oorbly nie. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag nie die bloed van die offerdier offer saam met iets wat suurdeeg in het nie. Die vet van die feesoffer wat jy vir My bring, mag nie tot die volgende oggend oorstaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy mag die bloed van my slagoffers nie offer saam met iets wat suurdeeg bevat nie. Die vet van die •feesoffer aan My mag nie tot die oggend oorstaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle mag nie die bloed van 'n dier wat julle vir My offer, saam met suurdeeg offer nie. Julle mag ook nie die vet van 'n dier wat julle offer, los tot die volgende oggend nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy moet nooit brood waarin daar suurdeeg is, saam met diere offer nie. Die vet van die dier wat jy by die fees offer, mag ook nie oud word en oorstaan tot die volgende oggend nie. |