Exodus 23:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die fees van die oes, die eerstelinge van jou arbeid wat jy op die land gesaai het, en die fees van die insameling wat aan die einde van die jaar is, wanneer jy jou arbeid uit die land insamel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tweede fees is die Oesfees. Dan bring julle vir My die eerste graan wat julle afoes. Die derde fees is die fees aan die einde van die oesseisoen. Dit word gevier wanneer julle die laaste deel van die oes van die lande af inbring.
Afrikaans 1933/1953 verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.
Afrikaans 1983 “Die fees van die oes moet gevier word met die eerste opbrengs van wat jy op die land saai. “Die fees van die insameling moet gevier word aan die einde van die jaar wanneer jy die vrug van jou arbeid ingesamel het op die lande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Onderhou ook die Fees van die Oes met die eerste vrugte van jou arbeid, met dit wat jy in die land gesaai het. Onderhou ook die Fees van die Insameling aan die einde van die jaar wanneer jy die vrug van jou arbeid op die lande insamel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet ook 'n Oesfees vier wanneer julle die ryp koring begin afsny. Die derde fees is die fees aan die einde van die jaar, wanneer julle klaar gewerk het en die tyd verby is wanneer julle die koring afsny.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die tweede een is die oesfees. Jy moet dit aan die begin van die oesseisoen hou, wanneer jy die eerste graan begin oes. “Die derde een is aan die einde van die seisoen, wanneer jy die laaste deel van die oes inbring.