Exodus 23:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy moet die fees van die ongesuurde brode vier: (Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, soos Ek jou beveel het, op die vasgestelde tyd van die maand Abib; want daarin het jy uit Egipte uitgetrek, en niemand sal leë voor my aangesig verskyn nie). |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die eerste is die Fees van die Ongesuurde Brood. Soos Ek al vantevore vir julle gesê het, moet julle vir sewe dae lank kos eet wat sonder suurdeeg gemaak is. Dit moet jaarliks op dieselfde tyd aan die begin van die lente gevier word. Dit is die tyd van die jaar toe julle uit Egipte weg is. Elkeen moet dan iets vir My kom offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek -- maar hulle mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie; |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet die fees van die ongesuurde brood vier. Soos Ek jou al vroeër beveel het, moet jy sewe dae ongesuurde brood eet, van dié dag in die maand Abib af waarop jy uit Egipte weggetrek het. Die volk mag nie sonder offers voor My verskyn nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Fees van die Ongesuurde Brood moet jy onderhou. Soos Ek jou beveel het, moet jy op die vasgestelde tyd in die maand Abib sewe dae lank ongesuurde brood eet; want in daardie maand het jy uit Egipte weggetrek. Niemand mag met leë hande voor My verskyn nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die eerste fees is die Fees van die Ongesuurde Brood. Julle moet sewe dae lank ongesuurde brood eet soos Ek vir julle gesê het. Julle moet die fees altyd op dieselfde dag van die maand Abib vier, want in hierdie maand het julle uit Egipte gekom. Julle almal moet dan vir My 'n offer bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die eerste een is die fees van die brood wat nie met suurdeeg gemaak is nie. Soos Ek tevore al vir jou gesê het, moet jy sewe dae lank net kos eet wat nie suurdeeg in het nie. Jy moet die fees begin op dieselfde dag dat jy uit Egipte weg is. Dit is in die maand Abib. Elkeen wat aan die fees deelneem, moet vir My offers bring. |