Exodus 23:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wees versigtig in alles wat Ek vir julle gesê het; en moenie die naam van ander gode noem nie, en laat dit nie uit jou mond gehoor word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sorg dat julle alles doen wat Ek vir julle gesê het. Julle moenie vreemde gode aanbid nie. Julle mag nie eers hulle name noem nie.”
Afrikaans 1933/1953 En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.
Afrikaans 1983 “Sorg dat julle alles doen wat Ek julle beveel het. Julle mag die naam van ander gode nie in julle gebede noem nie. Jy mag nie eers van hulle praat nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alles wat Ek vir julle gesê het, moet julle nakom. Die name van ander gode mag julle nie aanroep nie; dit mag nie uit julle monde gehoor word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet gehoorsaam wees en alles doen wat Ek vir julle gesê het, julle moet dit presies so doen. Julle mag nie tot ander gode bid nie. Julle mag nooit van ander gode praat nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Doen alles wat Ek vir jou gesê het. Jy moenie ander gode aanbid nie. Ek wil selfs nie eers hoor dat jy hulle name noem nie.”