Exodus 23:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar in die sewende jaar moet jy dit laat rus en stilbly; dat die armes van U volk kan eet; en wat hulle oorlaat, moet die diere van die veld eet. Net so moet jy met jou wingerd en met jou olyfgaard handel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die sewende jaar moet jy die grond net so onbewerk laat lê. Die arm mense van die volk mag dan die graan wat vanself opkom, vir hulle kom oes om te eet. Wat ná hulle oorbly, moet die wilde diere vreet. Jy moet met jou wingerde en olyfbome dieselfde doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar in die sewende moet jy dit ongebruik en braak laat lê, dat die arm mense van jou volk kan eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome. |
| Afrikaans 1983 | maar die sewende jaar moet jy dit laat braak lê. Die armes onder jou mense mag van die opslag eet, en wat hulle laat oorbly, kan die wilde diere vreet. So moet jy ook met jou wingerd en olyfbome maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar die sewende jaar moet jy dit onbewerk en braak laat lê, sodat die behoeftiges onder jou volk kan eet, en wat hulle laat oorbly, kan die wilde diere eet. Jy moet dieselfde doen met jou wingerde en jou olyfboorde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die sewende jaar moet julle die grond los, julle moenie dan in die grond werk en die koring of die gars afsny nie, sodat die arm mense iets kan kry om te eet. En as die arm mense iets laat oorbly, dan kan die wilde diere dit eet. Julle moet dieselfde doen met julle wingerde en julle olyfbome. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die sewende jaar moet jy dit net so los en dit glad nie bewerk nie. Die arm mense van jou volk mag dan die graan eet wat vanself daar opkom. Wat hulle laat oorbly, kan die wilde diere eet. Dieselfde geld ook vir jou wingerde en jou olyfboorde. |