Exodus 23:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag geen valse gerug bekend maak nie; moenie jou hand met die goddelose steek om 'n onregverdige getuie te wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie valse gerugte versprei nie. Moenie met misdadigers saamsweer en valse getuienis in hulle guns aflê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om 'n kwaadwillige getuie te wees nie. |
| Afrikaans 1983 | “Jy mag nie skinderstories versprei nie. Jy mag nie met 'n misdadiger saamwerk en in sy guns vals getuienis lewer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jy mag nie valse gerugte versprei nie. Moenie saamspan met 'n skuldige deur 'n kwaadwillige getuie te wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy mag nie skinder van ander mense nie. Jy mag nie leuens vertel om iemand te help wat skuldig is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy moenie praatjies oor ander mense verder oorvertel as jy weet dit is nie waar nie. Jy moenie met oortreders saamsweer om saam met hulle in die hof te lieg nie. |