Exodus 22:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vir allerhande oortredings, of dit nou vir bees is, vir esel, vir skape, vir klere of vir enige iets verlore, wat 'n ander betwis om syne te wees, die saak van albei partye moet voor die regters kom; en wie die regters veroordeel, moet hy dubbel betaal aan sy naaste. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Elke geskil oor die regmatige eienaar van ’n bees of ’n donkie, ’n skaap, of klere of enigiets anders, moet voor God kom om daaroor te beslis. Die party wat verkeerd is, moet die een wat reg is dubbel vergoed. |
| Afrikaans 1933/1953 | By alle sake van ontvreemding, of dit gaan oor 'n bees, oor 'n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, waarvan iemand sê: Dit is myne! -- moet die saak van altwee voor die owerhede kom; die een wat die owerhede skuldig verklaar, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee. |
| Afrikaans 1983 | In die geval van 'n geskil oor 'n bees of 'n donkie of 'n skaap of klere of enigiets wat weggeraak het, moet dié wat die goed eis, hulle saak voor God gaan stel. Die een wat deur God as die skuldige aangewys word, moet dubbel betaal aan die ander. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In enige geval van misdaad wat verband hou met 'n bees, 'n donkie, 'n skaap, klere of enige verlore eiendom waarvan iemand sê, ‘Dit is myne!’ moet die twee se saak voor God gebring word. Die een vir wie God skuldig verklaar, moet sy medemens dubbeld daarvoor vergoed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mense stry partymaal oor 'n bees of 'n donkie of 'n skaap, of oor klere of oor enige iets wat weggeraak het, en iemand sê: ‘Dit is myne.’ Dan moet hulle vir God gaan vra wie is reg. God sal sê wie is skuldig, en dan moet die man wat skuldig is, vir die ander man twee maal soveel gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As twee mense aan die stry raak oor wie se bees dit is, of donkie of skaap of klere of goed wat weggeraak het en weer teruggekry is, moet hulle na God se plek toe gaan. God sal wys watter man lieg. Hy moet dan vir die ander man twee maal soveel teruggee as wat die goed werd is waaroor hy gestry het. |