Exodus 22:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As die dief nie gevind word nie, moet die eienaar van die huis na die regters gebring word om te sien of hy sy hand aan sy naaste se goed uitgesteek het.
Afrikaans (NLV) 2011 As die dief nie gevang word nie, moet daardie persoon onder eed voor God verklaar dat dit nie hy was wat dit gesteel het nie.
Afrikaans 1933/1953 As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die owerhede gaan om te beslis of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie.
Afrikaans 1983 Maar as die dief nie gevang word nie, moet die huiseienaar in die teenwoordigheid van God 'n eed gaan aflê dat hy nie die ander man se goed gesteel het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die dief nie betrap word nie, moet die eienaar van die huis voor God nader gebring word om vas te stel of hy nie sy hande op sy medemens se besittings gelê het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hulle nie die dief kan vang nie, dan moet die eienaar van die huis sê dat hy nie die ander man se goed gesteel het nie. God moet die getuie wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die dief nie gevang word nie, moet die persoon wat dit opgepas het na die plek gaan waar God aanbid word en plegtig voor God verklaar dat dit nie hy was wat die ander man se goed gesteel het nie.