Exodus 22:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As iemand aan sy naaste geld of goed gee om te bewaar, en dit word uit die man se huis gesteel; as die dief gevind word, laat hy dubbel betaal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit kan gebeur dat iemand geld of goed vir ’n ander persoon gee om op te pas en dit word uit sy huis gesteel. As die dief gevang word, moet hy dubbel daarvoor vergoed. |
| Afrikaans 1933/1953 | As iemand aan sy naaste geld of goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee. |
| Afrikaans 1983 | “As 'n man aan iemand anders geld of goedere gee om te bewaar, en dit word uit sy huis gesteel, moet die dief dit dubbel betaal as hy gevang word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer iemand vir sy medemens silwer of goedere gee om te bewaar, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief dubbeld daarvoor vergoed as hy betrap word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer iemand vir 'n ander man geld of goed gee om op te pas, en iemand anders steel dit uit die man se huis, en hulle vang die dief, dan moet die dief vir die eienaar twee maal soveel gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As iemand vir ’n ander persoon geld of goed gegee het om vir hom op te pas en dit word dan uit sy huis gesteel, moet die dief dubbel daarvoor vergoed as hy gevang word. |