Exodus 22:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As daar vuur uitbreek en dorings ingryp, sodat die stapels koring of die koring wat staan, of die land daarmee verteer word; hy wat die vuur aangesteek het, moet sekerlik vergoeding gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer iemand die veld brand en dit na iemand anders se veld toe versprei en sy graan afbrand wat geoes is en reeds in gerwe gepak is, moet die een wat die vuur laat weghol het ten volle vergoed vir die skade. |
| Afrikaans 1933/1953 | As 'n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat 'n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n man onkruid aan die brand steek, en die vuur vang die rye gerwe of die ongesnyde graan of die land van 'n ander, moet die man wat met die brand begin het, ten volle daarvoor vergoed.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As 'n brand uitbreek, dit na die dorings versprei, en stapels gerwe, of ongeoeste graan, of die land, afbrand, moet die een wat die brand begin het, ten volle daarvoor vergoed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer 'n man 'n vuur maak en die vuur verbrand ook 'n ander man se koring wat hy klaar afgesny en opmekaar gepak het, of dit verbrand sy koring wat nog groei of sy gras, dan moet die man wat die brand begin het, alles terugbetaal.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ’n vuur begin versprei het en handuit ruk wanneer die droë doringbosse vlam vat - sodat iemand anders se graan wat nog op die land is, of sy graan wat reeds geoes is en op die land in miedens gepak is, afbrand - moet die persoon wat die vuur laat weghardloop het, die skade dubbel en dwars vergoed.” |