Exodus 22:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As iemand 'n land of wingerd laat eet en sy vee insit en op 'n ander se land wei; van die beste van sy land en van die beste van sy eie wingerd moet hy vergoeding gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Iemand kan toelaat dat sy weiveld of sy wingerd oorbewei word en dan sy vee in ’n ander man se veld injaag om daar te gaan wei. Hy moet dan skadevergoeding betaal met die beste wat sy eie veld kan oplewer.
Afrikaans 1933/1953 As iemand 'n stuk veld of 'n wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van 'n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.
Afrikaans 1983 “Wanneer 'n man sy vee laat wei en hulle nie oppas waar hulle wei nie, en hulle loop wei in die land of wingerd van 'n ander, moet hy met die opbrengs van sy beste land of wingerd daarvoor vergoed.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer iemand 'n veld of 'n wingerd laat bewei, en hy sy vee loslaat sodat hulle in iemand anders se veld wei, moet hy daarvoor vergoed, met die beste van sy veld of met die beste uit sy wingerd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer 'n man sy diere in sy veld of wingerd laat loop om te wei, dan moet hy hulle oppas. As hy sy diere vry laat loop en hulle gaan vreet ook in 'n ander man se veld, dan moet die eienaar van die diere die ander man betaal. Hy moet die beste koring en die beste druiwe vir die ander man gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Iemand kan uit nalatigheid sy weiveld of sy tuin laat kaal vreet het. Hy jaag dan sy vee in ’n ander man se veld in om dit ook te gaan wegvreet. As dit gebeur, moet hy daarvoor vergoed. Hy moet die beste wat sy eie tuin of veld kan oplewer, as boete betaal.