Exodus 22:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet vir My heilige manne wees; en julle mag geen vleis eet wat van diere in die veld verskeur is nie; julle moet dit vir die honde gooi.
Afrikaans (NLV) 2011 “Julle moet mense wees wat vir My afgesonder is. Julle mag nie iets eet wat in die veld verskeur is nie. Gee dit vir die honde om te vreet.”
Afrikaans 1933/1953 En julle moet vir My heilige mense wees. Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.
Afrikaans 1983 “Julle moet mense wees wat aan My gewy is. Julle mag nie vleis eet van diere wat in die veld verskeur is nie. Gooi dit vir die honde.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet mense wees wat aan My gewy is. Vleis wat in die veld verskeur is, mag julle nie eet nie. Vir die honde moet julle dit gooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet gewyde mense vir My wees. Wanneer 'n wilde dier 'n mak dier doodgebyt het, dan mag julle nie die dooie dier se vleis eet nie. Julle moet daardie vleis vir die honde gooi.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet uitsonderlike mense wees wat met alles wat julle het, vir My lewe. Julle mag nie vleis eet van diere wat deur roofdiere in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gee om te vreet.”