Exodus 22:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net so moet jy doen met jou beeste en met jou kleinvee: sewe dae lank moet dit by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy dit vir my gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “So ook die eerstelinge van beeste en kleinvee. Dit mag die eerste sewe dae nog by sy ma bly. Maar op die agtste dag moet jy dit vir My gee.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet dit by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy dit aan My gee.
Afrikaans 1983 Dit geld ook van jou beeste en kleinvee. Sewe dae kan die eerstelinge by hulle ma's bly, maar op die agste dag moet jy hulle vir My gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee. Sewe dae lank moet die dier by sy ma bly, en op die agtste dag moet jy hom vir My gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook die oudste bul-kalwers en die oudste ram-lammers vir My gee. Die kalf of lam moet sewe dae by sy ma bly, en op die agste dag moet julle hom vir My gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die eerste bees of skaap wat gebore word, kan vir die eerste sewe dae nog by sy ma bly. Op die agtste dag moet jy dit aan My afstaan.