Exodus 22:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy moet nie uitstel om die eerste van jou ryp vrugte en van jou drank te offer nie; die eersgeborenes van jou seuns moet jy aan My gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie iets terughou van die deel van jou graan- en druiwe-oes wat jy vir My bring nie. “Onthou dat jou oudste seun aan My behoort.
Afrikaans 1933/1953 Die offer uit jou volle opbrings en jou parskuip mag jy nie terughou nie. Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee.
Afrikaans 1983 “Moenie talm met jou offers uit jou graan- en wynoes nie. “Die eersteling van jou seuns moet jy vir My gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Offers uit jou volle graanoes en die opbrengs van jou parskuip mag jy nie terughou nie. Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My afstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moenie al die koring wat julle afsny en die wyn wat julle maak, vir julleself hou nie. Julle moet julle oudste seuns vir My gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Bring alles van jou graan- en druiweoes in berekening wanneer jy my deel bereken. Onthou dat jou oudste seun aan My behoort.