Exodus 22:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit is net sy bedekking, dit is sy kleed vir sy vel; waarin sal hy slaap? en as hy na My roep, sal ek hoor; want ek is genadig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het dit nodig om in die nag daaronder te slaap. Wanneer hy na My roep om hulp, gaan Ek na hom luister. Ek gee om vir sulke mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | want dit is sy enigste bedekking, dit is die bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is genadig. |
| Afrikaans 1983 | want dit is al wat hy het om hom mee toe te maak. Onder wat anders kan hy slaap? As hy My hieroor aanroep, sal Ek na hom luister, want Ek is barmhartig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want dit is sy enigste bedekking; dit is die kleed waarmee hy sy vel bedek. Waarin moet hy slaap? Wanneer hy na My om hulp roep, sal Ek hoor; want Ek is genadig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want hy moet hom daarmee toemaak. Dit is sy klere, hy moet daarin slaap. As hy My vra om hom te help, dan sal Ek luister, want Ek is jammer vir hom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is al wat hy het om homself in die nag mee toe te maak. Onder wat anders kan hy slaap? As jy dit nie doen nie en hy kom kla by My, sal Ek na hom luister, want Ek gee om vir sulke mense. |