Exodus 22:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As jy geld leen aan een van my volk wat by jou arm is, mag jy vir hom nie as 'n woekeraar wees nie, en jy mag hom geen rente oplê nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “As julle geld uitleen aan die arm mense van die volk, moet julle nie maak soos die mense wat teen rente uitleen nie.
Afrikaans 1933/1953 As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos 'n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie.
Afrikaans 1983 “As jy aan 'n arm man uit my volk geld leen, moet jy nooit teenoor hom soos 'n skuldeiser optree nie. Jy mag hom ook nie rente vra nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jy aan my volk, aan die magteloses by jou, geld leen, mag jy nie teenoor hulle soos 'n skuldeiser optree nie: Julle mag nie van hulle rente eis nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer julle geld leen vir arm mense by julle, dan moet julle nie wees soos die mense wat gewoonlik vir ander mense geld leen nie. Julle moenie die arm mense ook rente laat betaal nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer jy geld vir arm mense in die volk leen, moet jy nie ook nog vir hulle rente daarop vra nie.