Exodus 22:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy mag 'n vreemdeling nie kwaad maak of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
Afrikaans (NLV) 2011 “Moenie iemand wat van ’n ander land kom, verontreg nie. Julle mag hulle nie laat swaarkry nie, want julle was self vreemdelinge in Egipte.
Afrikaans 1933/1953 Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie 'n vreemdeling verdruk of laat swaarkry nie, want jy was self 'n vreemdeling in Egipte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n •Vreemdeling mag jy nie mishandel of verdruk nie, omdat julle vreemdelinge in Egipteland was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle mag nie slegte dinge doen aan 'n vreemdeling nie. Julle mag hom nie laat swaarkry nie. Julle moet onthou julle was ook vreemdelinge in Egipte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy moenie iemand wat van ’n ander land af kom, sleg behandel nie. Jy was mos self ’n mens uit ’n ander land toe julle in Egipte was.