Exodus 22:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As haar vader heeltemal weier om haar aan hom te gee, moet hy geld betaal volgens die bruidskat van die maagde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As haar pa volstrek weier dat hy met haar kan trou, moet hy nogtans aan hom dieselfde bedrag betaal as wat ’n pa as bruidsprys vir sy dogter kan kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies. |
| Afrikaans 1983 | As haar pa volstrek weier om haar aan hom te gee, moet hy nogtans die volle bruidsprys vir jongmeisies betaal, en dit met silwer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As haar vader volstrek weier om haar aan hom te gee, moet hy die silwer afweeg wat ooreenstem met die bruidsprys vir jongmeisies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As haar pa haar glad nie vir hom wil gee nie, dan moet hy ook betaal. Hy moet vir haar pa die bruidsprys gee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As haar pa volstrek weier dat die man met sy dogter trou, moet die man hom ’n bedrag geld gee. Die bedrag is dieselfde as die geld wat betaal word aan ’n pa om sy dogter te kry. |