Exodus 22:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as 'n man 'n slavin verlei wat nie verloof is nie, en met haar gemeenskap het, moet hy haar sekerlik gee om sy vrou te wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As iemand ’n meisie wat nog nie verloof is nie, oorhaal om saam met hom te slaap, moet hy aan haar pa die gewone bruidsprys betaal en met haar trou. |
| Afrikaans 1933/1953 | As iemand 'n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n man 'n jongmeisie wat nog nie verloof is nie, verlei om met hom geslagsgemeenskap te hê, moet hy aan haar pa die volle bruidsprys betaal en met haar trou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer iemand 'n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en by haar slaap, moet hy beslis die bruidsprys vir haar betaal, sodat sy sy vrou word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer 'n man 'n meisie verlei wat nie verloof is nie en hy slaap by haar, dan moet hy vir haar pa die bruidsprys gee en hy moet met die meisie trou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As ’n man ’n jongmeisie verlei wat nog nie verloof was nie, en hy praat haar om om by hom te slaap, moet hy aan haar pa die bruidsprys betaal en met haar trou. |