Exodus 22:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as iemand iets van sy naaste leen, en dit word beseer of sterf, terwyl die eienaar daarvan nie by hom is nie, moet hy dit sekerlik goedmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer iemand ’n dier van iemand anders leen en dit kry seer of gaan dood en die eienaar was nie by nie, moet hy ten volle vergoed word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit kry 'n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, moet hy ten volle vergoeding gee. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n man 'n dier van 'n ander leen, en dit word verskeur of gaan dood terwyl die eienaar nie by is nie, moet die eienaar ten volle daarvoor vergoed word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer iemand 'n dier by sy medemens leen en die dier word beseer of vrek terwyl die eienaar nie teenwoordig is nie, moet hy die volle vergoeding daarvoor betaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer iemand 'n ander man se dier leen en 'n wilde dier byt dit dood of dit vrek, en die eienaar is nie daar wanneer dit gebeur nie, dan moet die man wat dit geleen het, 'n ander dier gee in die plek van die dier wat dood is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As ’n persoon iemand anders se dier leen om vir iets te gebruik en die dier kry seer of vrek terwyl sy eienaar nie by is nie, moet die persoon wat die dier geleen het, die eienaar vergoed. |