Exodus 22:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As dit in stukke geskeur is, moet hy dit as getuienis bring, en hy sal nie herstel wat geskeur is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n roofdier dit verskeur het, moet hy bewys bring dat dit verskeur is. Hy hoef dan nie te vergoed nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | As dit verskeur is, moet hy dit as bewys bring; wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie. |
| Afrikaans 1983 | As dit deur wilde diere verskeur is, moet die eienaar by die verskeurde dier gebring word, en dan hoef niks betaal te word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die dier verskeur is, moet hy dit as bewys bring. Dan hoef hy nie vergoeding te betaal vir die verskeurde dier nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n wilde dier dit doodgebyt het, en die man kan wys wat oorgebly het van die dooie dier, dan moet hy nie die eienaar betaal nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ’n roofdier die dier gevang het, moet hy die verskeurde dier bring as bewys dat dit gevang is. In hierdie geval hoef daar nie vergoed te word nie. |