Exodus 22:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as dit van hom gesteel word, moet hy die eienaar daarvan vergoeding gee.
Afrikaans (NLV) 2011 As ’n dief dit egter gesteel het terwyl dit in sy sorg was, moet hy daarvoor vergoed.
Afrikaans 1933/1953 Maar as dit van hom weggesteel is, moet hy aan die eienaar vergoeding gee.
Afrikaans 1983 As die dier egter gesteel is terwyl dit in die ander man se sorg was, moet die eienaar daarvoor vergoed word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as dit wel van hom gesteel is, moet die persoon die eienaar vergoed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as iemand die dier gesteel het en dit is seker, dan moet die man wat die dier moes oppas, die eienaar betaal vir die dier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die dier egter gesteel is terwyl hy dit kon gekeer het, moet hy die eienaar vergoed.