Exodus 22:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal 'n eed van die HERE tussen hulle al twee wees, dat hy sy hand nie aan sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar daarvan sal dit behaag, en hy mag dit nie goedmaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man wat die diere moes oppas, moet dan ’n verklaring aflê voor die Here dat dit nie hy was wat die diere iets laat oorkom het nie. Die eienaar moet dan sy woord aanvaar. Die oppasser hoef nie daarvoor te vergoed nie.
Afrikaans 1933/1953 dan moet die eed by die HERE tussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet daarmee tevrede wees, en die ander hoef geen vergoeding te gee nie.
Afrikaans 1983 moet hy in wie se sorg dit gegee is, in die teenwoordigheid van die Here 'n eed teenoor die eienaar aflê dat hy wat dit moes oppas, dit nie gesteel het nie. Die eienaar moet sy woord aanvaar, en in so 'n geval hoef niks betaal te word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet 'n eed voor die Here tussen die twee beslis. As die persoon nie sy hande op sy medemens se besitting gelê het nie, moet die eienaar dit aanvaar en hoef die ander persoon niks daarvoor te vergoed nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet die man wat die dier moes oppas, sê hy het nie self die dier doodgemaak of gesteel nie. God moet die getuie wees. Dan moet die eienaar hom glo, en die ander man moenie hom betaal nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet die man wat die dier opgepas het voor die Here gaan sweer dat dit nie hy was wat die dier gesteel het nie. Die eienaar van die dier moet sy woord aanvaar. Daar word in hierdie geval nie skadevergoeding betaal nie.