Exodus 22:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As iemand aan sy naaste 'n esel of 'n bees of 'n skaap of enige dier gee om te bewaar; en dit sterf of beseer of verdryf word, sonder dat iemand dit sien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit kan gebeur dat iemand sy donkie of sy bees of sy skaap of enige ander dier vir iemand gee om op te pas. Dit gaan dan dood of kry seer of verdwaal terwyl niemand by is om te sien wat gebeur het nie.
Afrikaans 1933/1953 As iemand aan sy naaste 'n esel of bees of stuk kleinvee of enige dier gee om op te pas, en dit gaan dood of kry 'n ongeluk of word weggevoer sonder dat iemand dit sien,
Afrikaans 1983 “Wanneer 'n man 'n donkie of 'n bees of 'n skaap of enige ander dier aan iemand anders gee om op te pas, en dit vrek of word verskeur of buitgemaak sonder dat daar 'n ooggetuie by is,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer iemand vir sy medemens 'n donkie, 'n bees, 'n skaap of enige ander dier gee om op te pas, en dit vrek, of word beseer, of dit word weggevoer sonder dat iemand dit sien,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Partymaal gee iemand vir 'n ander man 'n donkie of 'n bees of 'n skaap of 'n ander dier om op te pas. As die dier vrek, of 'n ander dier byt dit dood of iemand steel dit wanneer niemand die diere oppas nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As iemand ’n donkie of ’n bees of ’n skaap of enige ander vee by iemand los om dit vir hom op te pas en een van die diere vrek terwyl dit by hom is, of dit word beseer of gesteel sonder dat iemand dit sien,