Exodus 22:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As iemand 'n bees of 'n skaap steel en dit slag of verkoop; hy moet vyf beeste vir 'n bees teruggee en vier kleinvee vir 'n skaap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Iemand wat ’n bees of ’n skaap steel en dit dan slag of verkoop, moet daarvoor boete betaal. Hy moet vyf keer soveel betaal as wat die bees werd was. Vir die skaap moet hy vier keer soveel betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | As iemand 'n bees of 'n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir 'n bees vergoed en vier stuks kleinvee vir 'n stuk kleinvee. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n man 'n bees of 'n skaap steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste terugbetaal vir die bees en vier stuks kleinvee vir die skaap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer iemand 'n bees of 'n skaap steel en dit slag of verkoop, moet hy daarvoor vergoed met vyf stuks grootvee vir 'n bees, en met vier stuks kleinvee vir 'n skaap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “As 'n man 'n bees of 'n skaap steel en hy slag of verkoop die dier, dan moet hy vir die eienaar van die beeste vyf beeste gee. As hy 'n skaap gesteel het, dan moet hy vir die eienaar van die skaap vier skape gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer iemand ’n bees of ’n skaap steel om dit te slag of te gaan verkoop, moet hy daarvoor betaal. Hy moet vyf keer soveel betaal as wat die bees werd was. Vir die skaap moet hy vier keer soveel betaal as wat hy werd was. |