Exodus 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As sy haar heer, wat haar aan homself verloof het, nie behaag nie, moet hy haar laat loskoop; om haar aan 'n vreemde nasie te verkoop, sal hy geen mag hê nie, omdat hy bedrog met haar gehandel het.
Afrikaans (NLV) 2011 As die persoon wat haar gekoop het nie met haar tevrede is nie, mag hy haar weer verkoop. Hy mag haar nie aan iemand van ’n ander volk verkoop nie. Dit kom neer op kontrakbreuk.
Afrikaans 1933/1953 As sy haar heer nie beval nie wat haar vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan 'n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het.
Afrikaans 1983 As haar eienaar wat haar as sy vrou wou hê, later nie meer van haar hou nie, moet hy toelaat dat sy deur haar eie mense losgekoop word. Hy het nie die reg om haar aan vreemde mense te verkoop nie, want dan pleeg hy troubreuk teenoor haar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As haar eienaar, wat haar vir homself wou hê, haar onaanvaarbaar vind, moet hy haar laat vrykoop. Hy het nie die reg om haar aan enige vreemde volk te verkoop nie, omdat hy bedrieglik teenoor haar opgetree het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As haar eienaar later nie van haar hou nie, en hy wil nie met haar trou nie, dan mag iemand anders haar by hom koop. Maar hy mag haar nie aan iemand van 'n vreemde volk verkoop nie, want dan doen hy nie wat hy belowe het toe hy met haar wou trou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As haar eienaar nie met haar wil trou nie, breek hy sy ooreenkoms met haar. Hy moet haar dan verkoop. Hy mag haar egter nie aan iemand van ’n ander volk verkoop nie.