Exodus 21:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet sy heer hom na die regters bring; hy moet hom ook na die deur of by die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met 'n ul deurboor; en hy sal hom vir ewig dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hy so maak, moet sy eienaar hom na God toe bring. Hy moet die slaaf na ’n deur vat en teen die deurkosyn ’n gat met ’n els in sy oor maak. Die slaaf sal dan vir altyd aan hom behoort. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet sy heer hom na die owerhede bring en hom by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met 'n els deurboor; daarna moet hy hom vir altyd dien. |
| Afrikaans 1983 | Ek wil nie vrygelaat word nie,’ moet sy eienaar hom in die teenwoordigheid van God bring, by die heiligdom se deur of kosyn, en daar moet die eienaar 'n gaatjie in sy slaaf se oor steek met 'n els. Dan is hy vir altyd sy eienaar se slaaf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet sy eienaar hom na God bring. Hy moet hom na die deur of die deurkosyn bring, en daar moet sy eienaar sy oor met 'n els deursteek. Hy moet dan vir altyd vir hom werk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet jy hom na die plek neem waar julle vir God aanbid. Jy moet hom na die deur bring, en jy moet 'n gaatjie deur sy oor steek met 'n skerp yster. Dan sal hy vir altyd jou slaaf wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet die eienaar saam met hom na die Here se plek toe gaan. Hy moet hom daar teen ’n deur of deurkosyn laat staan en met ’n els ’n gaatjie in sy oor maak. As hy dit gedoen het, bly daardie man vir die res van sy lewe sy slaaf. |