Exodus 21:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As sy heer vir hom 'n vrou gegee het, en sy het vir hom seuns of dogters gebore; die vrou en haar kinders moet aan haar heer wees, en hy moet alleen uitgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “As sy eienaar vir hom ’n vrou gegee het terwyl hy in sy diens was en hulle het seuns of dogters gekry, bly die vrou en haar kinders in besit van die eienaar, maar die man word vrygestel.
Afrikaans 1933/1953 As sy heer aan hom 'n vrou gee en sy vir hom seuns of dogters baar, moet die vrou met haar kinders haar heer se eiendom wees, terwyl hy alleen vrygelaat word.
Afrikaans 1983 As sy eienaar vir hom 'n vrou gegee het, en sy vir hom seuns of dogters in die wêreld gebring het, behoort die vrou en haar kinders aan die eienaar, en dan hoef net die slaaf vrygelaat te word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As sy eienaar vir hom 'n vrou gegee en sy vir hom seuns of dogters in die wêreld gebring het, behoort die vrou en haar kinders aan die eienaar, en moet hy alleen weggaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy vir hom 'n vrou gegee het en hulle het seuns of dogters, dan behoort die vrou en haar kinders aan jou. Die man moet dan alleen weggaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die persoon vir wie hy slawewerk doen, vir hom ’n vrou gegee het in die tyd dat hy by hom gewerk het en hy het kinders by die vrou gehad, moet hy sonder hulle vrygelaat word. Die vrou en haar kinders moet by die eienaar bly. Hulle behoort aan hom.