Exodus 21:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of as dit bekend is dat die bees in die verlede gedruk het en sy eienaar hom nie ingehou het nie; hy moet sekerlik os vir os betaal; en die dooies sal sy eie wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As dit egter al vantevore bekend was dat die bees stoterig was en sy eienaar het dit nie onder beheer gehou nie, moet hy die eienaar van die dooie dier ten volle vergoed. Hy mag die karkas egter vir homself hou.”
Afrikaans 1933/1953 Of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy ten volle bees vir bees vergoed; maar die dooie een moet syne wees.
Afrikaans 1983 Of as dit bekend is dat die bees tevore al bakleierig was, maar sy eienaar dit nie behoorlik opgepas het nie, moet hy 'n ander bees in die plek van die dooie bees gee. Die dooie dier sal syne wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as dit bekend is dat die bees voorheen al bakleierig was, en sy eienaar hom nie opgepas het nie, moet hy beslis 'n bees gee as vergoeding vir die bees. Die dooie dier sal dan aan hom behoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die bees al voorheen met ander beeste baklei het, en sy eienaar het hom nie opgepas nie, dan moet die eienaar 'n ander bees gee. Hy mag dan die dooie bees neem.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As almal egter geweet het dat dit ’n bakleierige bul was en sy eienaar het niks daaraan gedoen nie, moet hy die eienaar van die dooie bul vir die hele bul vergoed. Hy mag die dooie bul vir homself vat.”