Exodus 21:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as 'n mens se bees 'n ander s'n beskadig, sterf hy; dan moet hulle die lewende os verkoop en die geld daarvan verdeel; en ook die dooie os moet hulle verdeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As iemand se bees sy buurman se bees doodmaak, moet hulle die bees wat bly leef het, verkoop. Hulle moet die geld tussen mekaar verdeel. Hulle moet ook die karkas van die dooie dier onder mekaar verdeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as iemand se bees die bees van 'n ander stoot, sodat dit sterwe, moet hulle die lewendige bees verkoop en die geld daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n man se bees iemand anders se bees doodstoot, moet hulle die lewende bees verkoop en die geld gelykop onder mekaar verdeel; ook die dooie dier moet gelykop verdeel word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer iemand se bees sy medemens se bees stoot, en hy vrek, moet hulle die bees wat nog leef, verkoop en die geld deel. Ook die dooie bees moet hulle deel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer iemand se bees 'n ander man se bees doodstoot, dan moet julle die lewendige bees verkoop en die geld verdeel tussen die twee eienaars. Julle moet ook die dooie bees se vleis verdeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As iemand se bul iemand anders se bul doodmaak, moet die lewendige bul verkoop word. Die geld moet dan tussen die twee eienaars verdeel word. Hulle moet ook die karkas van die dooie bul tussen mekaar verdeel. |