Exodus 21:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die eienaar van die put moet dit goedmaak en aan die eienaar daarvan geld gee; en die dooie dier sal syne wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die eienaar van die put moet die eienaar van die dier ten volle vergoed. Hy kan egter die karkas van die dooie dier vir homself hou.
Afrikaans 1933/1953 moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar van die dier geld gee, maar die dooie dier moet syne wees.
Afrikaans 1983 moet die eienaar van die put vir die verlies vergoed; hy moet die eienaar van die dier uitbetaal en die dooie dier kan hy vat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet die eienaar van die opgaarput vergoeding betaal. Hy moet vir die eienaar geld gee, en die dooie dier sal dan aan hom behoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet die man wat die put gegrawe het, betaal. Hy moet die geld vir die eienaar van die dier gee en hy mag dan die dooie dier neem.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet die man wat die put gegrawe het vir die eienaar van die dier skadevergoeding betaal. Nadat hy hom betaal het, mag hy egter die karkas van die dier hou.”