Exodus 21:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As die os 'n slaaf of 'n diensmaagd stoot; hy moet aan hulle heer dertig sikkels silwer gee, en die os moet gestenig word.
Afrikaans (NLV) 2011 As die bees egter ’n manlike of vroulike slaaf doodmaak, moet die eienaar van die bees aan die eienaar van die slaaf 30 geldstukke betaal.
Afrikaans 1933/1953 As die bees 'n slaaf of slavin stoot, moet hy aan hulle heer dertig sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word.
Afrikaans 1983 As 'n bees 'n slaaf of 'n slavin doodstoot, moet drie honderd en veertig gram silwer aan die eienaar betaal word, en die bees moet met klippe doodgegooi word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As dit 'n slaaf of slavin is wat deur die bees gedood is, moet daar dertig sikkel silwer vir hulle eienaar gegee word, en die bees moet gestenig word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die bees 'n slaaf of slavin doodstoot, dan moet die bees se eienaar 30 stukke silwer betaal aan die slaaf se eienaar. Julle moet ook die bees doodgooi met klippe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Indien die bul ’n manlike of vroulike slaaf doodgemaak het, moet die eienaar van die slaaf 40 gram silwer kry. Die bul moet in elk geval nog met klippe doodgegooi word.