Exodus 21:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As hy alleen ingekom het, moet hy alleen uitgaan; as hy getroud is, moet sy vrou saam met hom uitgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hy ongetroud was toe jy hom gekoop het, moet jy hom ongetroud vrylaat. As hy reeds getroud was toe jy hom gekoop het, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word. |
| Afrikaans 1933/1953 | As hy alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word. |
| Afrikaans 1983 | As hy alleen was toe hy jou slaaf geword het, moet hy alleen vrygelaat word. As hy toe getroud was, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hy alleen was toe hy in diens getree het, moet hy alleen weggaan; as hy getroud was, moet sy vrou saam met hom weggaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hy alleen na jou toe gekom het, dan moet hy alleen weggaan. As hy 'n getroude man was, dan moet sy vrou saam met hom weggaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy nie getroud was toe hy by jou begin werk het nie, maar intussen getrou het, moet jy net vir hom vrylaat. As hy aan die begin alreeds getroud was, moet jy sy vrou saam met hom laat gaan. |