Exodus 21:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as die bees vroeër met sy horing stoot, en dit is aan sy eienaar getuig, en hy het hom nie ingehou nie, maar dat hy 'n man of 'n vrou doodgemaak het; die bees moet gestenig word, en ook sy eienaar moet gedood word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As dit al vantevore mense probeer doodstoot het, maar die eienaar het niks daaraan gedoen nie, moet die eienaar saam met die bees doodgegooi word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as die bees tevore al stoterig gewees het en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit 'n man of 'n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas moet ook gedood word. |
| Afrikaans 1983 | As die bees tevore al stoterig was, en die eienaar se aandag daarop gevestig is, maar hy dit nogtans nie behoorlik oppas nie, sodat dit die dood van 'n man of 'n vrou veroorsaak, moet die bees met klippe doodgegooi word. Die eienaar van die bees moet ook doodgemaak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die bees egter voorheen al stoterig was, en sy eienaar gewaarsku is, maar hy dit nie opgepas het nie, en die bees maak dan 'n man of vrou dood, moet die bees gestenig word, en ook sy eienaar moet sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Miskien het die bees al voorheen mense gestoot, en julle het sy eienaar gewaarsku, maar hy pas nie die bees op nie. As die bees dan 'n man of 'n vrou doodmaak, dan moet julle die bees doodgooi met klippe. Julle moet ook sy eienaar doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As daar egter al vantevore vir die eienaar gesê is dat sy bul sulke neigings het en hy niks daaraan gedoen het nie, moet hy saam met die bul doodgegooi word wanneer die bul ’n man of ’n vrou se dood veroorsaak. |