Exodus 21:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As 'n bees 'n man of 'n vrou verskeur, sodat hulle sterwe, dan moet die bees sekerlik gestenig word, en sy vleis mag nie geëet word nie; maar die eienaar van die bees sal vrygelaat word.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer ’n bees ’n man of vrou doodstoot, moet dit met klippe doodgegooi word. Sy vleis mag nie geëet word nie. Die eienaar van die bees hoef niks verder te betaal nie.
Afrikaans 1933/1953 En as 'n bees 'n man of 'n vrou stoot, sodat hy sterwe, moet die bees sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees sal ongestraf bly.
Afrikaans 1983 “Wanneer 'n bees 'n man of 'n vrou doodstoot, moet die bees met klippe doodgegooi word, en sy vleis mag nie geëet word nie. Daar is nie 'n saak teen die eienaar van die bees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer 'n bees 'n man of 'n vrou stoot, sodat die persoon sterf, moet die bees beslis gestenig word. Sy vleis mag nie geëet word nie, maar die eienaar van die bees is onskuldig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer 'n bees 'n man of 'n vrou doodstoot, dan moet julle die bees doodgooi met klippe, en julle mag nie sy vleis eet nie. Die bees se eienaar is onskuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As ’n bul toevallig ’n man of ’n vrou met sy horings doodstoot, moet die bul dadelik met klippe doodgegooi word. Sy vleis mag egter nie geëet word nie. Die eienaar van die bul hoef ook niks verder te betaal nie.