Exodus 21:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as iemand die oog van sy dienskneg of die oog van sy slavin slaan, dat dit vergaan; hy moet hom vry laat gaan ter wille van sy oog.
Afrikaans (NLV) 2011 “As ’n eienaar sy manlike of vroulike slaaf op die oog slaan en die oog word blind, moet die slaaf daarvoor vrygelaat word.
Afrikaans 1933/1953 En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog.
Afrikaans 1983 “Wanneer 'n man sy slaaf of slavin op die oog slaan en dit blywend beskadig, moet hy die slaaf of slavin vrylaat as vergoeding vir die oog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer iemand die oog van sy slaaf of slavin raakslaan en hy sy oog verloor, moet hy die persoon as 'n vrygelate wegstuur as vergoeding vir die oog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan, en die oog word blind, dan moet hy die slaaf vry laat weggaan om te betaal vir sy oog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ’n eienaar sy slaaf of slavin op die oog slaan en die slaaf kan nie meer met daardie oog sien nie, moet die eienaar die slaaf laat vry gaan om die skade van die oog goed te maak.