Exodus 21:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As mans twis en 'n swanger vrou leed aandoen, sodat haar vrugte van haar wyk, en tog volg geen onheil nie: hy sal sekerlik gestraf word soos die man van die vrou hom oplê; en hy sal betaal soos die regters bepaal.
Afrikaans (NLV) 2011 “As mans met mekaar baklei, kan dit gebeur dat hulle in die proses ’n vrou wat swanger is, omstamp. Sy kan haar baba verloor, maar nie self permanent beseer word nie. Die persoon wat dit veroorsaak het, moet haar man daarvoor vergoed volgens die bepaling van die regters.
Afrikaans 1933/1953 En as manne met mekaar veg en 'n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee.
Afrikaans 1983 “Wanneer mans met mekaar baklei en hulle 'n swanger vrou omstamp, sodat sy 'n miskraam het maar nie blywend beseer is nie, moet hy wat haar gestamp het, onderhewig aan die goedkeuring van die regbank, die boete betaal wat die eggenoot van die vrou hom oplê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer mans baklei en hulle beseer 'n swanger vrou, sodat haar kind te vroeg gebore word, maar daar nie 'n ernstige besering is nie, moet die een wat haar beseer het, beslis die boete betaal wat die vrou se eggenoot hom oplê. Hy moet dit vasstel met die hulp van beregters.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer mans baklei en een van hulle stamp 'n swanger vrou sodat haar baba dood is, maar die vrou is nie ernstig beseer nie, dan moet die man wat haar gestamp het, boete betaal. Hy moet betaal wat die vrou se man vra en wat die hof sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Twee mans kan miskien met mekaar baklei. Terwyl hulle veg, kan een van hulle teen ’n vrou stamp wat swanger is sodat sy daardeur haar baba verloor. Die man wat haar die baba laat verloor het, moet dan skadevergoeding betaal. Haar man sal ’n eis instel. Daar moet dan onderhandel word oor die bedrag wat betaal moet word.