Exodus 21:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy 'n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar dien; en in die sewende moet hy verniet vry uitgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer jy ’n Hebreeuse slaaf vir jou koop, moet hy net ses jaar vir jou werk. In die sewende jaar moet jy hom vrylaat. Hy skuld jou niks verder nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | As jy 'n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer jy 'n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar vir jou werk, maar in die sewende jaar moet jy hom vrylaat sonder dat hy jou iets daarvoor betaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer jy 'n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank werk, maar in die sewende jaar moet hy as 'n vry man weggaan, sonder om iets te betaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer jy 'n Hebreeuse slaaf koop, dan moet hy ses jaar lank vir jou werk, maar in die sewende jaar moet jy hom vry laat weggaan. Hy moenie betaal om vry te word nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As ’n Hebreeuse man soveel skuld gemaak het dat jy dit vir hom moes betaal, moet die man ses jaar lank sonder betaling vir jou werk. Hy is dan jou slaaf. In die sewende jaar moet jy hom vrylaat. Hy skuld jou dan niks verder nie. |