Exodus 21:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as mense met mekaar twis en die een die ander slaan met 'n klip of met sy vuis, en hy sterf nie, maar hou sy bed op:
Afrikaans (NLV) 2011 “Tydens ’n stryery kan die een die ander een so met ’n klip of met sy vuis bydam dat hy wel nie daarvan doodgaan nie, maar tog in die bed beland.
Afrikaans 1933/1953 En as manne twis en die een die ander slaan met 'n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word --
Afrikaans 1983 [18-19] “Wanneer mans aan die stry raak en die een slaan die ander met 'n klip of met die vuis sonder om hom dood te slaan, moet die slaner nie gestraf word nie. As die man wat geslaan is, egter in die bed moet bly en eers later kan opstaan en met 'n kierie buite kan rondloop, moet die slaner hom vergoed vir die tyd wat hy nie kan werk nie en vir hom sorg tot hy behoorlik gesond is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer mans rusie maak, en een slaan 'n ander met 'n klip of met die vuis, en hy nie sterf nie, maar bedlêend raak,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Partymaal baklei mense en die een slaan die ander met 'n klip of met sy vuis. As die ander man nie dood is nie maar in die bed moet bly,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [18-19] “As twee mans aan die baklei raak, kan dit gebeur dat die een die ander een met ’n klip of met sy vuis slaan sodat hy in die bed beland. Dit kan gebeur dat hy nie daarvan doodgaan nie, maar met ’n kruk moet loop as hy weer regkom. As dit gebeur, moet die persoon wat hom geslaan het hom vergoed vir die tyd wat hy siek was en vir hom sorg tot hy weer gesond is.