Exodus 21:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as iemand vermetel op sy naaste kom, om hom met bedrog dood te maak; jy moet hom van my altaar af wegneem, dat hy kan sterwe.
Afrikaans (NLV) 2011 As hy die persoon egter doelbewus aangeval het met die bedoeling om hom dood te maak, moet hy weggevat word om tereggestel te word, selfs al het hy by die altaar kom skuil.
Afrikaans 1933/1953 Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom van my altaar af wegneem, om te sterwe.
Afrikaans 1983 Wanneer iemand egter 'n ander opsetlik doodmaak, moet jy hom selfs by die altaar wegvat en doodmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer iemand egter met voorbedagte rade optree deur sy medemens met slinksheid om die lewe te bring, moet jy hom selfs van my altaar af wegneem om te sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar wanneer iemand planne maak om 'n ander mens dood te maak, dan moet jy hom wegvat en ook doodmaak, ook as hy aan die altaar vashou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer iemand ’n ander koelbloedig doodmaak, moet hy weggevat word om opgehang te word, selfs al het hy na die altaar gevlug en daar gevra om vergewe te word.