Exodus 21:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hy hierdie drie nie aan haar doen nie, moet sy vry uitgaan sonder geld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hy enige van hierdie drie sake nalaat, moet sy vrygelaat word. Sy hoef hom dan niks te betaal nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld. |
| Afrikaans 1983 | As hy hierdie drie dinge nie vir haar gee nie, moet sy vrygelaat word sonder dat daar iets aan haar eienaar betaal word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hy hierdie drie dinge nie aan haar bied nie, mag sy weggaan sonder om enige geld te betaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, dan mag sy weggaan en sy moenie vir hom betaal nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy enige van hierdie dinge nie doen nie, het sy die reg om vry weg te gaan. Daar hoef dan nie ’n enkele sent vir haar betaal te word nie.” |