Exodus 20:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Altaar van aarde moet jy vir My maak en daarop jou brandoffers en jou dankoffers, jou skape en jou beeste offer; op al die plekke waar Ek my Naam beskrywe, sal Ek na jou toe kom en jou seën. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die altare wat julle vir My bou, moet met grond gemaak word. Julle moet daarop brandoffers en dankoffers, kleinvee en beeste offer. Bou die altare op die plekke wat Ek vir julle uitwys. Ek sal daarnatoe kom en julle daar seën. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet vir My 'n altaar van grond bou en julle brandoffers en maaltydoffers uit julle kleinvee en beeste daarop bring. Op elke plek waar Ek my Naam wil laat aanroep, sal Ek na julle toe kom en julle seën. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop jou •brandoffers en jou •maaltydoffers, jou kleinvee en beeste slag. Op elke plek waar Ek toelaat dat my Naam genoem word, sal Ek na jou kom en jou seën. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet vir My 'n altaar van grond maak, en daarop moet julle die brand-offers en julle ete-offers bring, julle skape en bokke en julle beeste. Ek sal na julle toe kom en Ek sal julle seën op elke plek waar Ek wil hê dat julle My moet aanbid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Bou vir My ’n offerplek van grond op elke plek wat Ek vir julle wys waar Ek wil hê julle tot My moet bid. Bring vir My op daardie altaar die diere wat julle as brandoffers en dankoffers uit julle kleinvee en julle beeste offer. Ek sal na daardie plek kom en Ek sal julle lewe goed maak. |