Exodus 20:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle mag vir My geen gode van silwer maak nie, en julle mag vir julle geen goue gode maak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou, julle mag nie vir julleself afgode van silwer of goud maak nie.
Afrikaans 1933/1953 Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.
Afrikaans 1983 Julle mag nie gode uit silwer maak om my plek in te neem nie. Julle mag ook nie vir julle gode uit goud maak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle mag nie gode van silwer en goud maak en naas My vereer nie; julle mag dit nie vir julle maak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle mag nie vir julle gode van silwer of goud maak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hou op om vir julleself afgodsbeelde van silwer of goud te maak wat julle saam met My wil aanbid.